In die stil dorpie Genadendal leef Grietjie, ’n alleenloper wat haar pyn in botaniese sketse wegsteek. Wanneer die sewejarige, getraumatiseerde Miemie op haar stoep agtergelaat word, leer Grietjie haar deur die natuur om weer te genees.
Maar ’n skielike storm ruk Miemie weg na die stadslewe. Vir nege jaar is hulle geskei, verbind net deur briewe met gedroogde blare en plantname. Wanneer die sestienjarige Miemie uiteindelik terugkeer na haar wortels, bring sy ’n swart register van oorlewing saam.
Grietjie van Genadendal is ’n diep ontroerende verhaal oor trauma, vergifnis en die onbreekbare band tussen mens en natuur.





Reviews
There are no reviews yet.